Chaplin-huis ‘n museum
2009-11-24 05:28
Geneva - Charlie Chaplin se Switserland huis sal in ‘n museum omskep word vir aanhangers van dié legendariese “Little Tramp” akteur.
Michael Chaplin, sy seun, het gesê hulle het sy huis in Corsier-sur-Vevey op die oewer van die Geneva-meer verkies bò sy huis in Los Angeles.
“Hy was baie gelukkig hier (in Corsier-sur-Vevey), want dis waar hy ‘n familie-lewe gehad het,” het Michael gesê oor die huis waar Charlie Chaplin 20 jaar lank gewoon het.
Hy het agt kinders in dié huis grootgemaak.
Charlie Chaplin is in 1952 uit Amerika verban weens ‘n vermoede dat hy simpatiek was teenoor kommunisme.
Die museum sal voorwerpe uit sy lewe ten toon stel, soos die klavier waarop hy musiek gemaak het en die lessenaar waar hy die draaiboeke van twee rolprente geskryf het.
Dit sal ook die ikoniese legende se loopbaan, van Londen se musiek-teaters tot sy roemjare in Hollywood, dokumenteer.
- Sapa