Chagall sketsboek kan vir miljoene verkoop
2011-05-16 22:55
Londen – ‘n Sketsboek van die beroemde kunstenaar, Marc
Chagall, sal in Junie maand in New York opgeveil word.
Van die sketse en waterverf tekeninge in die
boek is nog nooit gesien nie.
Hy het meeste van die 85 bladsye aan sy
geliefde vrou, Bella, opgedra.
Bella Chagall is in 1944 oorlede.
Die sketsboek sal die 16de en 17de Mei in
Parys tentoongestel word.
Die vendusiehuis, Sotheby’s, voorspel dat die
sketsboek vir tot R6.3 miljoen sal
verkoop.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA