Catherine sê jammer oor naakfoto's
2012-10-01 14:25
Londen – Catherine, hertogin van Cambridge, het glo haar man, prins William, gesmeek om vergifnis.
Catherine is glo bang sy het haar reputasie vernietig en vir William in die verleentheid gestel nadat foto's waar sy sonder 'n bostuk verskyn in 'n Italiaanse tydskrif gepubliseer is.
'n Bron het aan OK! Magazine gesê: "Kate is bang. Sedert sy en William mekaar ontmoet het, het sy heeltyd seker gemaak sy stel hom nie in die verleentheid nie. Wanneer hulle saam met William se vriende weggegaan het, het Kate aan almal gesê wat om nie te doen ingeval daar fotograwe is."
Die 30-jarige toekomstige koningin is glo platgeslaan dat sy dalk vir William en die res van die koninklike familie ontstel het en kan nie ophou om verskoning te vra sedert die foto's gepubliseer is nie.
Maar daar kan dalk goeie nuus vir Catherine wees nadat 'n Deense tydskrif ontken het dat hulle onlangs foto's waar sy sonder 'n onderstuk verskyn gepubliseer het.
Die skindertydskrif Se Og Hor het glo 'n spesiale uitgawe van 16 bladsye met foto's gepubliseer, waar Catherine en haar man in die suide van Frankryk vakansie hou. In drie van die foto's kan Catherine gesien word waar sy haar onderstuk uittrek.
Die nuwe foto's vorm glo deel van die eerste stel foto's waar Catherine sonder 'n bostuk verskyn.
Die tydskrif het egter bewerings dat hulle die foto's gepubliseer het ontken, ten spyte daarvan dat dit aanlyn verskyn het.
Catherine en William het onlangs 'n interdik gekry vir die verdere publisering van die naakfoto's deur die tydskrif Closer in Frankryk.
– OK! Magazine.
– Volg Nuus24 op Twitter.