Casper in, uit, in, uit Supersterre

2010-02-28 08:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Groot verwarring heers oor die komediant Casper de Vries se toekomstige deelname aan die gewilde SAUK-program Supersterre.

Casper, een van die beoordelaars, het hom onttrek nadat hy die SAUK van ’n geknoeiery beskuldig het.

Die SAUK sê egter die sangeres Patri­cia Lewis, aanbieder van S uper sterre, het hulle verseker Casper gaan wel aanbly.
Maar Casper self was eergister, toe hy deur Rapport genader is, onseker of hy nog aan die program gaan deelneem.

Die drama het begin toe Casper verlede Sondag saam met die Egoli-aktrise Shaleen Surtie-Richards en die sanger Theuns Jordaan die derde episode van die program opgeneem het.

Die beoordelaars moes een deelnemer die trekpas gee. Hulle het saam besluit dit moet Charnay wees.

Albertus Kotzé, die programbestuurder, het toe die beoordelaars se stemme na Patricia en ander rolspelers geneem (dit blyk die drie bekendes is nie die enigste beoordelaars nie). Maar iewers het ’n fout ingesluip, want toe word Natasha verkeerdelik aangekondig as die deelnemer wat uitgestem is.

Sondagaand het Casper op sy twitter geskryf: “En so, ná drie episodes van Supersterre, bedank ek as judge, want ek kan nie oneerlike gekonkel met punte goedkeur nie.”

Hy het Patricia glo daardie selfde aand nog van sy bedanking in kennis gestel.

Die volgende dag het Casper met Patricia en haar man, Mark Whitfield, gesels.

Toe blyk dit dat Theuns, wat aanvanklik gestem het dat Charnay die reeks moet verlaat, sy stem sonder Casper se medewete verander en Natasha uitgestem het.

Daarna het Casper op twitter geskryf Natasha keer terug na Super sterre en daarom is hy ook terug.

Teen dié tyd het die deelnemers en celebrity-afrigters al van sy bedanking gehoor. Hulle was glo onthuts. Veral Heinz Winckler, Natasha se afrigter, was baie ontsteld.

Blykbaar het die SAUK ingestem dat Natasha kan terugkeer, maar dit was die uitvoerende vervaardiger, Ed Worster, wat ’n stokkie voor die planne gesteek het.

Toe het Casper hom wéér onttrek. Eergister wou hy nie veel sê nie.

“Ek hou van eerlikheid. Ek kan nie besonderhede verstrek nie, maar daar het goed gebeur waarmee ek nie gelukkig is nie. Ek kry Patricia baie jammer.

“Ek wil haar en die program nie te na kom nie, maar ek dink sy weet hoekom ek so sterk voel.”

Caroline Phalakatshela, SABC2-woordvoerder, het bevestig dat Casper ongelukkig was.

“Hy kom wel terug vir latere episodes. Hy gaan nie hierdie Sondag (vandag) deel wees van die opnames nie omdat hy aan ’n ander program werk.

“As daar ander goed agter die skerms gebeur, weet ons nie daar-van nie.”

Casper wou nie hierop reageer nie.

Supersterre begin op Vrydag 19 Maart om 19:30 ook op SABC2

-
Rapport

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.