Carte Blanche praat met Julius Malema
2011-11-10 20:07
Kaapstad – Die televisieprogram Carte Blanche het Julius Malema, voormalige president van die ANC-jeugliga, genader vir 'n in-diepte onderhoud wat Sondag op M-Net uitgesaai sal word.
Malema, wat tot effektief vyf jaar uit die ANC geskors is, se onderhoud met die ondersoekende joernalistieke program is getitel Juju's Day of Reckoning.
"Oor die jare het Julius Malema, ANC-Jeugleier, die gesig van baie omstrede publieke uitlatings geword, wat gemaak het dat politieke ontleders sy gewildheid begin bevraagteken het," is in 'n persverklaring gesê wat deur M-Net uitgereik is.
"Hy is al uitgekryt as 'n bul in 'n glashuis tot 'n baba in doeke, maar hy het glo ook 'n vet bankrekening. In 'n onderhoud wat vroeër vandeesweek gedoen is, het Carte Blanche met die gevalle held gaan praat."
Die onderhoud word Sondag 13 November op M-Net (DStv kanaal 101) en M-Net HD (170) om 19:00 uitgesaai.
– Channel24.
– Volg Nuus24 op Twitter.