Carla Bruni-film goed ontvang by Cannes
2011-05-11 20:59
Parys – Woody Allen se jongste fliek, Midnight in
Paris, waarin Carla Bruni te sien is, het kritici se goedkeuring tydens die
eerste vertoning by die Cannes Filmfees weggedra.
Gerugte dat Bruni swanger is het die ronde
gedoen nadat die Franse presidentsvrou gesê het sy sal ongelukkig nié die
debuutvertoning kan bywoon nie.
Midnight in Paris vertel die storie van Gil (Owen Wilson), ‘n
suksesvolle Hollywood-draaiboekskrywer, wat saam met sy verloofde met vakansie is in Parys.
Sy verloofde, gespeel deur Rachel McAdams, droom van 'n Parys wat as 'n tweede tuiste vir alle kunstenaars dien.
Woody Allen, wat met twee van sy mees onlangse films ook sy inspirasie uit
Europa geput het, was blykbaar baie beïndruk met Bruni se spel.
“Sy’s nie ‘n prokureur of ‘n politikus nie, sy’s
bloot getroud aan ‘n president.
“Sy’s ‘n sangeres en haar agtergrond is op die
verhoog.
“So sy het ingekom en haar rol met absolute
grasie vertolk,” het Allen gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP