Carla Bruni-Sarkozy in hospitaal vir geboorte
2011-10-19 19:53
Parys – Die Franse president, Nicolas Sarkozy, het sy
vrou, Carla Bruni-Sarkozy, in die hospitaal besoek waar sy geboorte sal skenk.
Dit was ‘n baie kort besoek en dit is nog nie
duidelik wanneer Carla Bruni-Sarkozy sal geboorte skenk nie.
Volgens berigte in die Franse media verwag
hulle egter enige oomblik dat die 43-jargie presidentsvrou vir die tweede keer gaan ma word.
‘n Groot skare verslaggewers het buite die La
Muette-kliniek in Parys vergader om die oomblik in te wag.
Dit sal die eerste keer in die geskiedenis van
Frankryk wees dat die president ‘n pa word terwyl hy sy termyn as leier van die
nasie uitdien.
Carla het reeds ‘n seun uit ‘n vorige
verhouding en Sarkozy het drie seuns uit ‘n verhouding voordat hy met die voormalige model en sangeres getrou het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP