Campbell rou steeds oor Zenani se dood
2010-09-02 12:34
Kaapstad – Naomi Campbell het erken sy sukkel steeds om die dood van haar peetkind, Zenani, te verwerk.
Zenani, oudpres. Nelson Mandela se agterkleinkind, is in Junie in ‘n motorongeluk dood.
Die 40-jarige supermodel het in ‘n onderhoud aan die tydskrif Elle gesê sy was in Suid-Afrika toe Zenani gesterf het.
“Sy sou die volgende dag saam met my deurgebring het, en ek het net by ‘n paar winkels omgegaan om vir haar 'n klomp geskenke te koop. Ek kan eintlik nog nie hieroor praat nie, dit is nog te vars.”
Campbell het ook bekendgemaak dat sy glad nie haastig is om kinders te hê nie.
Sy is tans in ‘n verhouding met die biljoenêr Vladimir Doronin en sê sy wil nie te ver in die toekoms beplan nie omdat haar stryd met alkoholisme haar geleer het om dinge dag vir dag te neem.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.