Cameron Diaz glo smoorverlief
2010-06-06 03:38
Kaapstad – Die aktrise, Cameron Diaz het glo saam met Alex Rodriguez op ‘n romantiese ete gegaan.
Diaz, wie se gewese kêrels Justin Timberlake en Jared Leto insluit, was na ‘n romantiese ete by Rodriguez se gunsteling restaurant, Serafina, in New York. Daar word berig dat die twee liefdesduifies selfs hul kos met mekaar gedeel het.
Dit is egter nie die eerste keer dat Diaz en Rodriguez, wat voorheen saam Kate Hudson uitgegaan het, saamgesien was nie.
- Vir die volledige storie besoek Stuff.
- Volg Nuus24 op Twitter.