Burton se Alice in Wonderland geboikot
2010-02-12 17:04
Londen - Brittanje se grootste filmteaters sal glo Tim Burton se Alice in Wonderland boikot as gevolg van ‘n rusie met Disney oor die vrystelling van die rolprent.
Dié langverwagte rolprent sal op 5 Maart vanjaar bekendgestel word en Disney wil die gaping tussen hierdie datum en die dag wat dit op DVD beskikbaar sal wees verkort na slegs 12 weke. Die norm vir hierdie gaping is as ‘n reël sowat 17 weke.
Johnny Depp, Mia Wasikowska en baie ander Britse akteurs insluitende Helena Bonham Carter, Matt Lucas, Stephen Fry, Michael Sheen, Alan Rickman, Christopher Lee en Barbara Windsor is in dié rolprent te sien.
Lees meer by www.guardian.co.uk.