Bulle maak amok by Cruise se nuwe rolprent
2009-11-23 01:12
Madrid – Twee vroue het Sondag ligte beserings opgedoen toe hulle aangeval is deur bulle wat van die stel van Tom Cruise en Cameron Diaz se nuwe film ontsnap het.
Sewe bulle het die smal state van Cadiz in die suide van Spanje ingevaar en vir 40 minute lank rondgedwaal voordat hulle op ‘n strand gevang is.
Volgens ‘n woordvoerder is verfilming van Knight and Day, wat in Julie 2010 in Amerikaanse teaters te siene sal wees, tydelik uitgestel ná die voorval.
"Niks sal verfilm word voor ons nie 'n nuwe plan beraam het om die veiligheid van inwoners van Cadiz te verseker nie,” het ‘n woordvoerder gesê.
Die produksiemaatskappy van dié film was besig om tonele te oefen voor Cruise en Diaz volgende week hul afwagting sal maak vir verfilming.
- Sapa