Buchan begin met nuwe fliek

2011-04-12 08:46
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Angus Buchan, die evangelis van Greytown op wie se lewe die fliek Faith like Potatoes geskoei is, begin vandag saam met die regisseur FC Hamman aan sy nuwe fliek werk.

Die rolprent, getitel Angus Buchan’s Ordinary People, is nie ’n opvolg op Faith like Potatoes nie, het Hamman Maandag op ’n mediakonferensie gesê.

“Dit is ’n verhaal van mense wat deur Angus se preke aangeraak is en hoe dit hul lewe beïnvloed het.

“Die fliek handel oor alledaagse probleme waarmee ons almal in ’n stadium worstel.”

Verskeie bekende akteurs sal hande vat om kleur aan die produksie te gee.

Anrich Herbst speel die rol van ’n middeljarige Buchan in die fliek. Herbst het bekendheid verwerf vir sy rol as Wimpie van Tonder in Orkney Snork Nie.

Hannes Muller, voorheen regisseur van Egoli en in die produksiespan van Binnelanders, Jaco Muller van Erfsondes 3 en Lucky Koza van Isidingo is ook in die fliek te sien.

Buchan, wat al groot manne laat huil het, is duidelik baie opgewonde oor die nuwe rolprent. Hy het gesê fliekvlooie sal hulle daarmee kan vereenselwig en lewenslesse daaruit haal wat hulle self ook beleef het.

“Dit is nie ’n fliek vir Christene nie. Dit is ’n fliek vir mense met menslike probleme. Dis so maklik om ’n Christen op ’n platform te wees, maar soveel moeiliker om dit by die huis tussen jou eie mense te wees.

“Dié fliek beeld dit uit en sal daarom spesiaal wees.”

Die verfilming begin vandag en sal volgens Hamman sowat ses tot sewe weke duur.

Die rolprent sal teen Paastyd 2012 in teaters te sien wees.

- Volksblad

Lees meer oor: angus buchan  |  films  |  vermaak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.