Buchan: Bly in SA en maak ’n verskil

2011-08-22 08:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die evangelis Angus ­Buchan sê hy is in Suid-Afrika om te bly.

Al wanneer hy die land sal verlaat, is as God hom sê om dit te doen.

Buchan het Vrydag by die bekendstelling van sy nuwe boek, Jan Alleman (die Engelse titel is Nobodies), aan sy gehoor gevra waarom mense daarvan praat om die land te verlaat.

Hy reis baie en Suid-Afrika is een van die mooiste lande wat daar is.

Dis ’n land vol gewone mense wat God wil gebruik.

Buchan het verwys na Bybel­figure soos Abraham, Dawid en Petrus wat geloofshelde geword het, maar wat eers eenvoudige, gewone mense was.

Hyself was ook net ’n boer met st.8 as hoogste kwalifikasie en tog het God hom gebruik.

Hy het aan sy gehoor gesê enigeen van hulle kan dieselfde doen, want God gebruik gewone mense.

Op ’n vraag waarom hy Zambië vroeër verlaat het as hy mense nou aanraai om in Suid-Afrika te bly, het Buchan gesê destyds het hy nog sy eie kop gevolg.

Hy het nog nie tot bekering gekom nie en gedoen wat hy gedink het goed was.

Nou wag hy op die Here.

Hy het ook verwys daarna dat hy soms in media-onderhoude met moeilike vrae te doen kry.

Dan vra hy die Here leiding en soms is die leiding om niks te sê nie.

Hy het egter ontken dat hy vroeër tydens ’n TV-onderhoud ’n vraag oor pres. Jacob Zuma se verskeie vroue ontduik het.

Buchan het gesê sy antwoord was dat hy aanvaar wat die Bybel oor die huwelik sê.

Toe hy gevra is wat dít is, het hy geantwoord dat hy met een vrou getroud is.

Daarmee het hy sy standpunt gestel.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: angus buchan  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.