Brüno verban oor sekstonele
2009-09-29 09:22
Kuala Lumpur - Die moslem-meerderheid in Maleisië het die film Brüno, van komediant Sacha Baron Cohen in dié land verban omdat dit te veel sekstonele bevat.
In dié film is Cohen 'n gay Oostenrykse modeslaaf Brüno.
Die film is goed ontvang by sommige lokette wêreldwyd, maar ander land het dit oor die naaktonele verban.
"Die film is in Maleisië weens die seksuele inhoud, verban. Dit is deur 'n komitee van drie lede besluit. Die film bevat te veel seks," het 'n beampte van die Nasionale Filmraad gesê.
Hy het gesê 'n paneel beoordelaars kyk na die films op grond van temas van geweld, gruwel, seks- of kontrakultuur-elemente.
"In die geval van Brüno, is die verbannig gebaseer op die seks- en kontrakultuur-elemente in die film," het dié beampte gesê.
Ná ’n ongeluk by ’n modevertoning en met sy reputasie aan skerwe, vat die baie gay Brüno die pad na die VSA op soek na roem en faam. Soos met die Borat-fliek bevat hierdie aflewering heelwat tonele waar niksvermoedende bystanders reageer op Cohen se uitspattige optrede.
Borat is ook in dié land verban.
Maleisië is 'n konserwatiewe land met 'n multi-kulturele bevolking, waarvan 60% Moslems is.
In die laaste jaar het Maleisië vyf films verban. Die onlangs film wat in die land verban is, is Halloween II.
– Sapa-AFP