Bruno-regisseur weer besig
2009-11-16 13:50
Hollywood - Larry Charles , voormalige skrywer en vervaardiger van Seinfeld en regisseur van Borat en Bruno, is terug by NBC met ‘n nuwe projek.
Dit speel af in ‘n klein dorpie waar ‘n groep uiteenlopende mense hulle kreatiwiteit uitleef deur episodes van hul gunsteling TV-reeks te maak na die reeks se einde op televisie.
NBC het vir ‘n proef-episode gevra wat ‘n prototipe van die uiteindelike produksie sal wees.
Charles sal die draaiboek en regie behartig.
Charles het twee Emmy toekennings gewen vir sy bydra tot Seinfeld.
Hy was ook betrokke by Mad About You toe dié reeks sy hoogtepunt bereik het.
Sedert sy werk by NBC, het Charles meer op vollengte films gefokus.
Twee van sy onlangste films is Borat en Bruno, waarvan hy die regisseur was.
Hy was ook in beheer van Bill Maher se dokumenter, Religulous.
- Reuters