Bruni: 'Media sal nie my baba sien'
2011-09-05 10:02
Parys – Die Franse presidentsvrou, Carla Bruni, het Sondag gesê sy sal nie toelaat dat die media haar baba sien nie.
“Ek sal alles in my vermoë doen om my kind te beskerm. Ek sal nooit foto’s van die baba wys nie en ek sal ook nie my baba in die openbaar wys nie,” het Bruni aan die TF1-televisiestasie gesê.
Volgens die supermodel en sangeres het sy ‘n groot fout begaan toe sy haar 10-jarige seun, uit ‘n vorige verhouding, aan die media blootgestel het.
Dit was tydens haar besoek saam met pres. Nicolas Sarkozy aan Jordanië voor hul huwelik in 2008.
Bruni weet nie of haar baba, wat volgende maand gebore word, ‘n seun of ‘n meisie is nie.
Die 56-jarige Sarkozy het drie seuns tussen die ouderdomme van 14, 25 en 26 uit twee vorige huwelike.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP