Brug kry bekende groep se naam
2009-09-29 11:19
Sydney – Die eerste nuwe brug wat in 40 jaar in die stad van Brisbane gebou is sal na die 1970’s rockster, Robert Forster van die groep The Go-Betweens, vernoem word.
Australiërs moes stem vir die brug se nuwe naam, en die sangers van die treffer “Streets of Your Town” het twee keer meer stemme as enige van die nader voorstelle gewerf.
“Dit is aangenaam dat dit ‘n brug is wat na my vernoem word want ek vind nog altyd brûe romanties en poëties,” het Forster gesê.
Forster het die groep saam met Grant McLennan gestig en die groep se laaste en 23ste album is in 2006 vrygestel, net voor die dood van McLennan.
The Go-Betweens is nie die eerste musiekgroep wat se naam aan ‘n infrastruktuur geleen word nie.
In Melbourne is daar ‘n straat na die groep AC/DC vernoem en die John Lennon Lughawe verwelkom besoekers by Liverpool, die geboortedorp van The Beatles.
- Sapa