Bruce Willis 'siek van bekommernis' oor Demi
2012-02-04 11:45
Los Angeles – Die akteur Bruce Willis is rasend van bekommernis oor sy eksvrou Demi Moore, het 'n bron onthul.
Die 49-jarige aktrise is onlangs na 'n hospitaal gehaas om behandeling vir "uitputting" te ontvang. Sy sterk nou by die huis aan.
Willis het Woensdag by Moore se huis in Los Angeles aangekom om haar te besoek. Hy het bekommerd geraak nadat een van sy dogters op 'n uitstappie begin huil het.
"Hy is siek van bekommernis oor Demi en wil haar help om na normaal terug te keer."
Willis en Moore het drie dogters, Rumer, Scout en Tallulah saam. Hulle is in 2000 geskei.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter