Brooke gee Sheen dalk tweede kans
2011-01-18 15:24
Los Angeles – Charlie Sheen en sy vervreemde vrou Brooke Mueller oorweeg dit om weer te versoen.
Die akteur, wat die afgelope paar weke met ‘n hele paar vrouens verbind word ná ‘n reeks partytjies, wil glo 'n tweede kans hê.
Brooke se ma het bevestig dat dié twee gereeld met mekaar in kontak is.
"Brooke het gesê hulle dink aan die moontlikheid om te versoen."
Sheen het glo aan Brooke, met wie hy in 2008 getrou het, gesê dat dit nie goed gaan saam met hom nie.
Sheen en Brooke se verhouding het in 2009 op Kersfeesdag vererger toe hy op 'n aanklag van huishoudelike geweld en aanranding in hegtenis geneem is.
Hy het homself by ‘n rehabilitasiesentrum ingeboek maar was weer in die moeilikheid toe hy uit ‘n hotelkamer verwyder is nadat hy erken het dat hy gedrink en kokaïen saam met ‘n prostituut gebruik het.
‘n Paar weke daarna het Sheen Brook vir ‘n egskeiding gedagvaar.
- Vir meer inligting besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.