Britney se eks in hospitaal ná borspyne
2012-01-23 12:00
Los Angeles – Britney Spears se eksman, Kevin Federline, is na 'n hospitaal gehaas nadat hy van borspyne gekla het, het die Herald Sun op hul webwerf berig.
Federline, 'n voormalige danser, is tans 'n deelmener op Channel 9 se realiteitsprogram Excess Baggage.
Hy het terwyl hy besig was met 'n opname van die program borspyne begin kry.
Paramedici wat Federline op die toneel behandel het vermoed dat hy 'n hartstilstand ervaar het. Hy het suurstof gekry en is met 'n ambulans na die Mount Druitt hospitaal vervoer waar hy tans 'n reeks bloedtoetse ondergaan.
Daar word verwag dat hy in die hospitaal gaan oornag. Dit is ook nog nie bekend of hy na die realiteitsprogram gaan terugkeer nie.
Federline het onlangs die bynaam "K-Fat" gekry oor sy gewig.
Die 33-jarige, wat in 2004 met Spears getrou het en weer in Julie 2007 geskei is, het gesê hy het besluit om 'n deelnemer op Excess Baggage te word om fiks en gesond te word.
– Volg Nuus24 op Twitter.