Britney Spears is verloof
2011-12-17 09:57
Los Angeles – Die popsensasie Britney Spears se kêrel, Jason Trawick, het haar verras deurdat hy die ja-woord tydens 'n romantiese ete gevra het.
Trawick sou na verwagting Vrydagaand op 16 Desember die groot vraag gevra het.
Hy het Spears egter Woensdagaand op sy verjaardag verras.
Dié twee se verlowing gaan tydens 'n groot partytjie by die Chocolate Lounge and Sugar Factory in die Paris Hotel, Las Vegas gevier word.
Spears het op haar Twitterblad geskryf dat Trawick haar met die geskenk verras het waarvoor sy al so lank wag.
Trawick, wat reeds vir die afgelope twee jaar in 'n verhouding met Spears is, het eers haar pa, Jamie, se toestemming gevra.
Spears was al twee keer vantevore getroud.
'n Regter sal haar huwelik moet afteken omdat haar pa destyds beheer oor sy dogter se geldsake oorgeneem het. Hy het haar ook gehelp om weer op haar voete te kom.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.