Bret Michaels toer ten spyte van bloeding
2010-06-08 10:09
Kaapstad – Bret Michaels is besig om te toer, ten spyte van waarskuwings van dokters om dinge rustiger te neem.
Hy het egter belowe om 'rustiger' te wees, maar hy gaan nie sy toer kanselleer nie.
Volgens Michaels wil hy onthou word vir die feit dat hy goeie vriende gemaak het en nie vir die bloeding op sy brein nie.
Tesame met sy toer en nuwe album, Custom Built, beplan Michaels ook om na sy realiteitsprogram, Life As I Know It, terug te keer.
- Vir die volledige storie besoek News Time.
- Volg Nuus24 op Twitter.