Bret Michaels nuwe Simon op American Idol?
2010-06-01 02:09
Mississippi - Bret Michaels, hoofsanger van die rockgroep Poison kan dalk as beoordelaar op American Idol te sien wees.
"Ek weet nie of dit waar is nie, maar ek kan dalk 'n beoordelaar op American Idol wees," het Michaels onlangs tydens 'n konsert gesê.
Hoewel geen aanbod nog gemaak is nie, het Simon Cowell, wat nou dié program vaarwel toeroep, Michaels as plaasvervanger benoem.
– People