Branson se huis brand af
2011-08-22 23:02
Londen – Richard Branson se gaste het nouliks ontsnap
toe ‘n brand by sy luukse huis in die Karibiese Eilande uitgebreek het.
Kate Winslet was een van die
sowat 20 gaste op Necker, sy privaat-eiland wat deel uitmaak van die British
Virgin Islands.
Branson was in ‘n ander huis op dieselfde eiland
saam met sy vrou, Joan, en hulle seun, Sam.
Die brand het tydens ‘n weerligstorm uitgebreek
en Branson het daarin geslaag om sy gaste betyds te ontruim.
Volgens Branson is die huis “heeltemal verwoes”
en die brand was teen Maandag nog nie heeltemal geblus nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP