Brangelina wil vierde kind aanneem
2011-02-08 14:38
Los Angeles – Angelina Jolie en Brad Pitt wil glo ‘n vierde kind, Leah, aanneem nadat sy verlede jaar haar hele familie in ‘n aardbewing in Haïti verloor het.
Angelina, wat reeds drie aangenome kinders, Maddox (9), Pax (7) en Zahara (6) het asook Shiloh (4) en die tweejarige tweeling Knox en Vivienne, het Leah vir die eerste keer in Februarie 2010 ontmoet, ‘n maand na die dodelike aardbewing.
Leah gaan glo eers vir Brangelina en hul kinders in Amerika ontmoet voordat die aanneming later vanjaar goedgekeur sal word.
‘n Bron het aan die Daily Mirror koerant gesê dat Angelina se prokureurs is in die proses om goedkeuring te kry sodat Leah na Amerika kan gaan om tyd saam met die familie deur te bring. Dit is glo ‘n standaard prosedure om seker te maak dat Leah wel sal aanpas.
Daar is glo kommer dat die owerhede in Haïti nie die internasionale druk sal kan hanteer nie, maar die aktrise is vasbeslote om deur al die stappe te gaan om Leah aan te neem.
- Vir meer inligting besoek iol.
- Volg Nuus24 op Twitter.