Brangelina wil nóg ‘n baba aanneem
2010-07-26 14:14
Kaapstad – Met ses kinders en miljoene dollar in die bank sou mens dink dat Brad Pitt en Angelina Jolie gereed is om die lewe bietjie rustiger aan te pak.
Maar slegs ‘n paar dae nadat hulle ‘n hofsaak gewen het oor gerugte dat hulle besig is om uitmekaar te gaan, het Brangelina aangekondig hulle is gelukkiger as ooit en dat hulle beplan om nog ‘n baba aan te neem.
Die 46-jarige Pitt het glo aan vriende vertel hoe lief hy vir Jolie (36) is. Hy het glo gesê sy is ‘n wonderlike ma en hy gaan vir ewig saam met haar wees.
“Ons is smoorverlief op mekaar. Ons het ses kinders saam en sy is ‘n wonderlike ma. Angie hou baie van babas en sy wil nog aanneem,” het Brad gesê.
Die paartjie het reeds vir Maddox (8), Pax (6), Zahara (5), Shiloh (4) en die tweeling Knox en Vivienne (2).
- Vir die volledige storie besoek Mirror.
- Volg Nuus24 op Twitter.