Brangelina se oudste seun ook nou filmster
2011-08-11 12:12
Los Angeles – Brad Pitt en Angelina Jolie se oudste seun, Maddox, het glo ‘n leidende rol in die rolprent Battling Boy gekry.
Die 10-jarige aangenome seun van Pitt en Jolie gaan in die rolprent speel wat gebaseer is op ‘n grafiese roman wat deur Pitt se Plan B-maatskappy vervaardig word.
‘n Bron het aan die Daily Star gesê die film handel oor ‘n jong seun van ‘n god wat sy ouerhuis verlaat en met monsters baklei.
“Maddox eet, slaap en lewe vir rolprente en strokiesprente, so Brad en Angelina het gedink hy sal perfek vir die rol wees.”
– Contact Music.
– Volg Nuus24 op Twitter.