Brangelina se kroos met ponies bederf
2011-09-01 14:48
Los Angeles – Brad Pitt het vir sy kinders ses Shetland-ponies gekoop sodat hulle hom en Angelina Jolie kan vergesel op hul ritte.
Die 47-jarige akteur, wat ses kinders, Maddox (9), Pax (7), Zahara (6), Shiloh (5) en die driejarige tweeling Knox en Vivienne saam met Jolie grootmaak, het hulle by hul Miraval-chateau in die suide van Frankryk met die ponies verras.
‘n Bron het bekend gemaak Pitt was aanvanklik nie seker wanneer hulle die tyd gaan kry om die kinders te leer om op die perde te ry nie.
“Maar hy dink oor die lang termyn gaan dit die moeite werd wees om die kinders op ‘n vroeë ouderdom reeds te leer hoe om perd te ry.”
Brad het glo ook ‘n nuwe swembad laat installeer.
– Contact Music.
– Volg Nuus24 op Twitter.