Brangelina se kleinding verslaaf aan iPad
2011-09-02 11:22
Los Angeles – Angelina Jolie en Brad Pitt se vyfjarige dogter Shiloh besit haar eie iPad wat sy gebruik wanneer sy met haar ouers reis.
Die paartjie se dogter is glo behep met dié raakskermrekenaar en is Woensdag met een gesien terwyl sy saam met haar gesin op pad na die restaurant Benihana in Londen was.
Jolie het die rekenaar vir Shiloh gekoop om haar besig te hou wanneer hulle moet vlieg of ver ente moet ry, en het vir haar verskeie speletjies afgelaai.
Shiloh en haar ander broers en susters, Maddox (10), Pax (7), Zahara (6) en die driejarige tweeling, Knox en Vivienne, het die afgelope tyd baie gereis met Pitt wat sy nuwe film World War Z op verskeie bestemmings skiet.
Shiloh is egter nie die enigste bekende kind met haar eie iPad nie. Tom Cruise en Katie Holmes se vyfjarige dogter, Suri, besit ook een.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.