Brangelina mik na New York
2009-07-14 03:00
London – Supersterpaartjie Brad Pitt en Angelina Jolie beplan om na 'n spogwoning in New York te trek.
Die paartjie oorweeg om tot $26 miljoen (R205 miljoen) te spandeer op die Apthorp, ‘n 1908-woning in Manhattan wat in wooneenhede omskep word, berig Bang Showbiz.
Pitt en Jolie het voorheen tot $100 000 (R824 000) per maand betaal vir blyplek terwyl hulle in New York gewerk het.