Brangelina huur trein vir Skotland-reis
2011-08-17 12:08
Los Angeles – Brad Pitt en Angelina Jolie het Dinsdag ‘n trein gehuur om hul familie van Londen na Glasgow, Skotland te vervoer.
Die paartjie en hul kinders, Maddox (10), Pax (7), Zahara (6), Shiloh (5) en die driejarige tweeling Vivienne en Knox, het met ‘n privaat Virgin-trein na Glasgow gereis.
Dit was ‘n vyf uur lange reis na die Skotse stad, waar Pitt aan die verfiliming van sy nuwe film World War Z gaan werk.
‘n Woordvoerder van Virgin Trains het aan Mail Online bevestig dat Brangelina die trein vir hul reis gehuur het.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.