Brangelina gaan nie opbreek sê vriende
2010-01-26 02:12
Kaapstad – Brad Pitt en Angelina Jolie gaan nie opbreek nie, het bronne naby die paartjie gesê.
Vriende van die paartjie, wat al vir vyf jaar ‘n verhouding het en ses kinders saam grootmaak, beweer dat “alles reg” is tussen die twee en dat onlangse berigte dat hulle gaan opbreek “totaal onwaar” is.
“Daar is aan my gesê dat dit nie waar is nie. Hulle is baie privaat, maar daar is aan my gesê dat dit nie waar is nie,” het ‘n bron aan die New York Daily News koerant gesê.
Die paartjie het nog nie amptelik kommentaar gelewer oor die status van hulle verhouding nie.
Lees die volle storie hier
- www.iol.co.za