Brangelina-fonds help brandslagoffer
2012-09-19 13:02
Windhoek – ‘n Skenking van Brad Pitt en Angelina Jolie gaan help om ‘n brandslagoffer na ‘n spesialiseenheid in die Milpark-hospitaal na Johannesburg oor te plaas.
Cgunta Khao (40) het drie weke gelede brandwonde oor sowat 70% van sy liggaam opgedoen toe hy en vier ander San-mans saam met ‘n Australiese toeris deur ‘n veldbrand oorval is, het die Republikein berig.
Khao en sy drie vriende, wat in tradisionele drag geklee was, het erge brandwonde opgedoen en sy broer Bertus en die toeris, Jane Bean, het slegs ligte brandwonde opgedoen.
Dr. Rudie van Vuuren en sy vrou, Marlice, eienaars van die N/a’an ku-rehabilitasieplaas, het vinnig gespring om Khao so gou as moontlik in Suid-Afrika te kry.
“Milpark benodig ’n minimum van R750 000 vir sy behandeling. Dit sluit nie die vliegkoste in nie. Ek het vir hom gesê die N/a’an ku se stigting onderneem om die geldinsameling hiervoor te koördineer. Ons sal solank die aanvanklike koste dra deur geld uit die Pitt/Jolie-fonds te gebruik,” het van Vuuren gesê.
Lees hier meer
– Volg Nuus24 op Twitter