Brangelina deur werker gedagvaar
2011-05-13 11:05
Los Angeles – ‘n Gewese sekretaresse wat by Brad Pitt en Angelina Jolie gewerk het dagvaar die paartjie nadat sy afgedank is terwyl sy op siekeverlof was.
Die onbekende vrou, wat by die paartjie se Miraval chateau in die suide van Frankryk gewerk het, is deur ‘n bestuurder op die landgoed afgedank.
Die rede hiervoor was omdat haar afwesigheid glo die bestuur van die eiendom beïnvloed het.
Die vrou eis €80 000 (sowat R790 000) vir onregmatige ontslag.
Volgens haar prokureur, Emmanuel Ludot, het sy kliënt niks persoonlik teen Pitt en Jolie nie, maar hulle het niks gedoen om te verhoed dat sy afgedank word nie.
Die vrou bly anoniem weens ‘n vertroulikheidsklousule wat sy geteken het voordat sy aangestel is.
- Contact Music.
- Volg Nuus24 op Twitter.