Brad Pitt se ouers trek by hom in
2011-02-22 08:15
Los Angeles – Brad Pitt se ouers gaan by hom en Angelina Jolie intrek om sodoende te help kyk na die paartjie se ses kinders.
Pitt is tans besig om ‘n woonstel op sy landgoed in Frankryk te bou waarin sy ouers Bill en Jane Pitt gaan woon.
Pitt en Jolie het ses kinders, Maddox (9), Pax (7), Zahara (6), Shiloh (4) en die tweejarige tweeling Knox and Vivienne.
‘n Bron het aan The Sun-koerant gesê die hele familie gaan na Frankryk trek sodra die vernuwings aan die huis voltooi is.
Op die oomblik het die familie ses kinderoppassers, een vir elke kind. En die plan is om ontslae te raak van die oppassers wanneer Bill en Jane hul pligte sal oorneem.
Die 47-jarige Pitt en Jolie (35) wil glo vir hul kinders ‘n meer stabiele huis gee, in plaas daarvan dat hulle vir maande aaneen oor die hele wêreld moet reis.
Daar word beweer dat Jolie se medester Johnny Depp het die paartjie aangemoedig om hul permanente tuiste in Europa te maak.
- Vir die volledige storie besoek Channel24.
- Volg Nuus24 op Twitter.