Brad Pitt huur heli toe hy moeg raak vir verkeer
2011-09-09 13:23
Los Angeles – Brad Pitt het ‘n helikopter gehuur omdat hy "siek" is vir die verkeer wanneer hy na verskeie dele in Brittanje moet reis vir die verfilming van sy nuwe film, World War Z.
Pitt en Angelina Jolie het onlangs ook een van Virgin se treine gehuur om hulle tesame met hul kinders, Maddox (10), Pax (7), Zahara (6), Shiloh (5) en die driejarige tweeling Vivienne en Knox, vanaf Londen na Glasgow, Skotland te neem.
Die paartjie woon tans in Richmond, suidwes van Londen, terwyl hulle aan die film werk.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.