Brad Pitt die burgemeester
2009-08-14 14:55
New Orleans – Die idee dat Brad Pitt die burgermeester van New Orleans kan wees het baie mense aan die gons, selfs al is dit nie waar nie.
Baie inwoners van die stad dra al sedert middel Junie T-hemde wat lees “Brad Pitt vir Burgemeesters in die hoop dat hy vir burgermeester sal staan.
Die akteur het die organisasie, Make It Right, in 2007 gestig om huise vir minderbevoorregte mense te bou. Die organisasie verskaf wonings aan mense wat tydens die orkaan Katrina, huisloos gelaat is.
Pitt het op die televisieprogram, Today, gesê hy het die T-hemde raakgesien maar die idee afgelag.
"Ek staan nie ‘n kans nie”, het hy gesê.
- BANGshowbiz.com