Boyle stof almal uit
2009-11-30 11:31
Londen - Susan Boyle het musiekgeskiedenis gemaak toe haar nuwe album direk nommer-een op die trefferparade in Brittanje bereik het.
Boyle het oornag wêreldberoemd geword na haar optrede op Britain’s Got Talent.
Haar debuutalbum, I dreamed a Dream, het meer as 410 000 kopieë in die eerste week van vrystelling verkoop.
Dit is meer as die ander top 5 verkopers, insluitend JLS, Black Eyed Peas en Queen.
Haar weergawe van die Rolling Stones treffer Wild Horses, is negende op die enkelsnit-CD trefferparade.
Na verwagting gaan sy net so goed doen in Amerika.
Haar album verkoop reeds meer as Rihana, Lady Gaga en 50Cent.
- AFP