Borat-ster uit Oscar-program geskop
2010-03-04 09:43
Londen – Die akteur Sacha Baron Cohen, wat bekend is vir sy rol as Borat, gaan nie meer ‘n aanbieder by Sondag se Oscars wees nie, aangesien die vervaardigers bang is dat hy die Avatar-regisseur James Cameron gaan kwaad maak.
Cohen, wat uitgenooi was om een van die toekennings aan te bied, het beplan om met die trefferfliek te spot deur homself as een van die vroulike blou karakters van die fliek te vermom en te sê dat hy verwagtend is met Cameron se liefdeskind.
Bill Mechanic, die vervaardiger van die Oscars, het besluit om Cohen uit die program te haal aangesien hulle glo bang is oor hoe Cameron sou reageer.
Lees meer by dailymail.co.uk