Bono smul aan biltong en bokkoms

2011-02-21 09:13
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Ierse rocker Bono het die naweek aan egte tradisionele kos gesmul by ’n spogrestaurant van die Rupert-familie in Franschhoek.

Die bekende Pierneef à La Motte-restaurant was Saterdag die plek vir ’n lekker kuier en middagete vir Bono en ’n gevolg van 17 wat lede van U2 ingesluit het.

Altesaam 72 000 konsertgangers kan steeds nie uitgepraat raak oor die groep se skouspelagtige vertoning Vrydagaand in die Kaapstad-stadion nie.

Die volgende oggend wou hy aan niks anders as tradisionele kos smul nie, het Bono gesê.

Hein Koegelenberg, die man van Hanneli Rupert-Koegelenberg, eienaar van La Motte, het aan Die Burger gesê dit was ’n eer om die gaste te onthaal.

Die tromspeler Larry Mullen jr. het Donderdag op aanbeveling van verhoogpersoneel sowat vyf uur by die restaurante ge­kuier en hy het besluit om sy vriende daarvan te vertel.

Saterdagoggend het die groep van 18 mense, insluitend Bono en die kitaarslaner The Edge, by die restaurant opgedaag.

“Hulle wou privaatheid hê en ’n lekker middagete geniet. Hulle het nie op ’n wyntoer gegaan nie.

“Hulle het gehoor die restaurant fokus veral op tradisionele geregte,” het Koegelenberg gesê.

Die sjef, Chris Erasmus, het ’n verskeidenheid voorgeregte aan hulle voorgesit voor hulle hul hoofgeregte bestel het. Die voorgeregte het ingesluit pampoen-en-gemmertert, mango-atjar-sorbet, garnaal-en-biltong-slaai, Kaapse bokkomslaai en boerbok-terriengereg.

“As hoofgereg het Bono ’n soutribbetjie bestel wat ons op ’n baie tradisionele manier voorberei. Hy het ’n versnit van viognier en shiraz saam met die dis geniet.”

Koegelenberg het die middag as ontspanne en gesellig beskryf. “Baie foto’s is geneem. Die lede het handtekeninge uitgedeel en selfs op bottels geteken so gemaklik was hulle met almal.”

Volgens Koegelenberg het hulle baie geëerd gevoel dat die rockgroep juis by hulle kom inloer het. “U2 is een van my gunstelinggroepe, so dit was natuurlik ’n hoogtepunt vir my om hulle te kon ontmoet.

“Bono is so ’n goeie ambassadeur vir Suid-Afrika. Hy het (emeritus-aartsbiskop) Desmond Tutu se boodskap van eensgesindheid oorgedra.

Op ’n vraag oor hoeveel die rekening was, het Koegelenberg gesê hulle was gaste en daar was geen rekening nie.

Bono het ook ’n vinnige bloutjie geloop toe hy per ongeluk in die vrouebadkamer beland en in twee meisies vasgeloop het. Daar was ’n gil van opgewondenheid van die meisies se kant af, maar alles is vinnig afgelag.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.