Bond-komponis sterf
2011-01-31 23:00
Los Angeles – Die Oscar-bekroonde komponis, John Barry, wat onder andere verantwoordelik was vir die titelsnit vir Out of Africa en Goldfinger, is oorlede.
Hy is Sondag op die ouderdom van 77 aan ‘n hartaanval oorlede.
Dié talentvolle musikant word oorleef deur sy vrou van 33 jaar, Laurie, vier kinders en vyf kleinkinders.
Barry was mees bekend vir die werk wat hy vir die James Bond-films gedoen het.
Hy het die klankbaan van elf Bond-films behartig, insluitend Goldfinger en You Only Live Twice.
Sy atmosferiese klankbaan het beslis bygedra tot Bond se komkommerkoel-styl.
Volg Nuus24 op Twitter.