Baba-dogter vir Bollywood-aktrise
2011-11-16 10:10
Nieu-Delhi – Aishwarya Rai Bachchan, die Indiese-aktrise en voormalige Mej. Wêreld, het geboorte geskenk aan ‘n babameisie, het haar skoonpa, Amitabh Bachchan, Woensdag op Twitter bekendgemaak.
“Ek is dada vir die oulikste babameisie,” het hy op Twitter geskryf.
Die 38-jarige Aishwarya, wat met die akteur Abhishek Bachchan getroud is, het in ‘n hospitaal in Moembaai geboorte geskenk.
Dit is die paartjie se eerste kind.
JP Duminy, die Proteas-krieketspeler, se vrou, Sue, het ook haar gelukwensings op Twitter aan Aishwarya en haar man oorgedra met die geboorte van hul dogtertjie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP