Bok maak sports by Idols-oudisies

2010-08-08 07:00
Tweets Share Share line Print

Bok, bok, staan styf! Nicole Heyns het morele ondersteuning van ’n vreemde aard saamgebring vir haar oudisie in Bloemfontein. Foto: M-NET

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rapport

Bloemfontein - Gareth Cliff ’n bok vir sports? Nie as dit by ’n régte bok kom nie!

Idols-kykers kan Sondagaand sien hoe dié beoordelaar openlik erken hy haat bokke. Dit toe Nicole Heyns à la Heidi-van-die-berge-styl met ’n bok aan ’n leiband by die Bloemfontein-oudisies opgedaag het.

Dié bok maak omtrent amok en kykers kan selfs op televisie sien hoe die dier net oorgee toe die natuur roep. Selfs nie eens ’n kameraman wat probeer keer het dat die bok ’n potplant in plaas van die mat vir sy plassie kies, kon hond haaraf maak nie.

Lede van die produksiespan sê hulle dink sy het probeer jodel, vandaar die bok se teenwoordigheid, maar nie Heyns óf haar vierbeen-vriend het ’n goue kaartjie vir hul deelname gekry nie.

Vanaand kuier die Idols-kameras in Bloemfontein en Port Elizabeth, met Loyiso Bala in Bloemfontein as gasbeoordelaar, terwyl HHP in Port Elizabeth sy eiertjie lê.

Loyiso sukkel maar om die deelnemers op ’n reguit manier te vertel wat hy van hul sang dink, maar HHP hou nie terug nie.

Gareth kon nie as beoordelaar by die Bloemfontein-oudisies optree nie en dis opmerklik hoe Randall Abrahams se persoonlikheid verander en sy sagte kant na vore kom as die blonde platejoggie nié by is nie.

Kan dit wees dat dit Gareth is, en nié die deelnemers nie, wat Randall elke keer so verkeerd opvryf?

’n Man wat vanaand hoor hy moet nié sy skryfloopbaan vir ’n sangloopbaan verruil nie, is die joernalis Lloyd Oldham van die PE Herald.

Oldham erken dat die kollig nie vir hom gemaak is nie en dat hy liefs eerder oor ánder mense in die kollig moet skryf.
Kykers kan ook uitsien na Idols se eie Posh.

S’Posh Petshwa werk tans vir die departement van veiligheid in Port Elizabeth, maar sy sê sy is reg vir ’n nuwe loopbaanrigting.

Om te sien of sy net so goed soos die régte Posh sing, sal kykers maar tot 17:30 moet wag.

Ingrid Engelbrecht van M-Net sê hulle is baie tevrede met die 13 goue kaartjies elk wat in Bloemfontein en Port Elizabeth uitgedeel is.

“Ons was nog nooit daar nie en dis ’n goeie getal as jy dink Durban se oudisies het 20 goue kaartjies opgelewer met baie meer mense.”

Idols-aanhangers hoef nie ’n week te wag vir nuwe kykstof nie.

Dinsdagaand van 19:00 tot 19:30 word die eerste teaterfase-episode op M-Net uitgesaai, met die episode van die tweede teaterfase volgende Sondag.

Lees meer oor: idols  |  bekendes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Sfeil bultjie om te klim. bewys na twaa;f jaar? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.