Bocelli tree op by WB-afsluitingskonsert
2010-06-28 16:53
Pretoria – Die Italiaanse tenoor Andrea Bocelli gaan in Johannesburg by die afsluitingskonsert van die Wêreldbeker-sokkertoernooi optree.
Die konsert, Celebrate Africa, sal op 9 Julie by die Coca-Cola Dome in Northgate plaasvind, het die organiseerders, Big Concerts, Maandag gesê.
Dit sal Bocelli se eerste optrede in Suid-Afrika wees.
Bocelli, wat reeds meer as 70 miljoen albums verkoop het, is bekend vir sy klassieke sowel as kontemporêre musiek.
Volgens die organiseerders is daar ‘n tradisie van tenore wat by Fifa-konserte optree.
Bocelli sal saam met ander kunstenaars, waaronder Nianell en Pretty Yende, optree.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA