Bobby en sy vrou se baba trek skaal op 3,3 kg

2011-10-25 09:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die sanger Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, het Maandagmiddag ’n seun ryker geword.

Die knapie, Sion, moes eintlik al vroeg in Oktober sy opwagting gemaak het, het die trotse pa gesê.

“Maar die dokters sê seuntjies is so ’n bietjie lui om gebore te word en Annatjie het gistermiddag om 15:00 ’n keisersnee ondergaan.”

Van Jaarsveld het gesê hulle het lank gebid oor hul seun se naam en het uiteindelik op Sion besluit.

“Dit beteken om jou hoogste roeping te bereik, om so sterk soos ’n berg te staan en beteken ook ‘hemels’. Ek het omtrent elke dag oor hom gedroom en gewonder. Dit verteenwoordig ook die bruid vir Christus.”

Die egpaar het aanvanklik gehoop op ’n natuurlike geboorte vir hul eersteling, wat ’n stewige 3,3 kg weeg.

“Die dokters het verlede week gesê Sion (toe net onder 3,2 kg) raak nou te groot vir Annatjie se lyf en het besluit op ’n keisersnee as hy nie teen Maandagoggend gekom het nie.

“Ons wil so graag sommer baie kinders hê en lyk my ’n keisersnee kan ’n mens se kans op baie kinders verminder.”

Gelukwense van talle ondersteuners en bekendes soos Steve Hofmeyr en Jakkie Louw het Maandag op Facebook en Twitter ingestroom.


 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.