Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Blunt is militêr-realisties oor sy musiek

2011-08-13 09:16
Tweets Share Share line Print

James Blunt is nie vol grappies nie.

Met ernstige (sommige sou sê neerdrukkende) ballades soos "You’re Beautiful" en "Goodbye My Lov­er" verwag ’n mens dit nie, maar die stem aan die ander kant van die telefoon bly nogtans besonder doelgerig, op die man af.

Dalk is dit sy jare lange ondervinding in die weermag wat praat.

“Ja,” sê hy. “Dit gee jou ’n ander perspektief op sake wanneer jy in lewe-en-dood-situasies was.”

Blunt het in ’n militêre omgewing grootgeword; sy pa het in die Britse weermag gedien. Hy het in sy pa se voetspore gevolg en was onder meer in 1999 met die konflik in Kosovo daar in die diens van Navo.

Dit is hier dat hy die “ware sterre van die wêreld”, die organisasie Dokters Sonder Grense, in aksie gesien het. Dit het ’n diep indruk op hom gelaat.

“Ek was verstom deur hulle. Dit gee ’n werklikheidsgevoel en help jou om te onthou wat regtig belangrik is.”

Hy sê hy het onlangs nog met hulle vergader, want dit is ’n organisasie wat hy graag ondersteun en so ver moontlik deur sy konserte probeer help.

Verder is hy vandag dankbaar vir die agtergrond wat die weermag aan hom gegee het omdat ’n wêreldtoer in baie opsigte soos ’n militêre operasie is wat met dissipline benader moet word.

Wanneer dit by sy musiek kom, is hy ewe realisties. “Dit is my werk: Ek skryf, ek is in die opname-ateljee en ek toer. En ek doen dit met ’n regtig goeie span agter my.”

Wanneer Blunt aan die einde van die maand in Suid-Afrika is as deel van sy huidige wêreldtoer, sal dit sy tweede besoek aan die land wees.

“Ek sien baie daarna uit, want ek het baie aanhangers daar. Ek is in die 13de maand van my huidige toer en was reeds in 150 stede, maar gelukkig hou ek daarvan om te toer.”

Waar hy voorheen aktief te velde getrek het teen die media en die gedurige belangstelling in sy persoonlike lewe, aanvaar hy dit nou meer gelate.

“Dit was in die begin van my loopbaan baie moeilik, maar dit is seker ook maar die mens se natuur om te wil weet wat ander mense aanvang.

“Ek steur my egter net nie te veel daaraan nie. Dit gaan vir my allereers oor die musiek.”

Toe sy debuutalbum, Back to Bedlam, in 2005 die lig gesien het, was dit veral die liedjie "You’re Beautiful" wat hom feitlik oornag bekend gemaak het.

“Ek is natuurlik baie dankbaar vir wat daardie liedjie vir my gedoen het. Dit was seker nie die mees betekenisvolle liedjie wat ek al geskryf het nie, maar dit was van die begin af ’n groot radiotreffer.

“Ek het die sukses wat daarop gevolg het, nie verwag nie. Dit het my verras.”

Tog sê hy dat dit deesdae nie altyd hierdie liedjie of "Goodbye My Lover" is wat mense die graagste op sy konserte wil hoor nie, maar eerder nuwer goed soos "Same Mistake" van 2007 se All the Lost Souls en "Stay the Night" van verlede jaar se album, Some Kind of Trouble.

“Ek glo daarin om my aanhangers te gee wat hulle graag wil hê eerder as om ’n spesifieke album te probeer bevorder. Mense is immers daar om die tyd te geniet.”

Blunt, wat ’n avonturier met ’n liefde vir ski en vlieg is, hoop om tydens sy Suid-Afrikaanse besoek tyd te kry om te kyk watter sulke geleenthede die land bied.

“Julle het regtig die heel mooiste kuslyn in die hele wêreld.”

* James Blunt is op 24 Augustus in Durban, op 26 Augustus in Johannesburg se Dome, op 28 Augustus in Port Elizabeth en op 30 Augustus in Kaapstad.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: james blunt
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Hy was slegs skuldig bevind op net vier aanklagte van sabotasie. Nie 'n enkele klag van hoogverraad of moord of terreur nie. Die howe het hom onskulding bevind op al hierdie aanklagte. Ja, onskuldig. Verder is hy gevonnis vir lidmaadskap van, en die bevordering van die doele van 'n verbode organisasie. Dis is baie beslis 'n "politieke geloof" straf. Dit was 'n misdaad net om 'n ANC of PAC of SAKP lid te wees, al het jy niks gedoen nie. ("Escape coat"??? Bedoel jy dalk 'n "scapegoat" -- oftewel 'n sondebok?) Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: Chris Hani Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Sea Cow Lake Road
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: M7
    TRAFFIC LIGHTS not working at the Bellair / Wakesleigh Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.