Black Eyed Peas ook te sien by Jackson-konsert
2011-09-26 10:15
Los Angeles – Die Amerikaanse groep Black Eyed Peas gaan ook by die Michael Jackson-huldigingskonsert optree wat in Wallis gaan plaasvind.
Die konsert Michael Forever sal op 8 Oktober by die Millennium-stadion in Cardiff, Wallis plaasvind.
will.i.am, mede-stigter van Black Eyed Peas, het gesê hy het nog altyd vir Jackson bewonder en sê hy voel geëerd om deel van die
konsert uit te maak.
Van Jackson se familielede, Janet, Randy en Jermaine, het reeds aangedui hulle sal nie die konsert bywoon nie omdat dit bots met dr. Conrad Murray se verhoor.
Murray, Jackson se persoonlike dokter, het skuld ontken op ‘n aanklag van onvrywillige manslag.
Ander groot name in die vermaaklikheidsbedryf wat ook by die konsert te sien sal wees sluit in Christina Aguilera, Cee Lo Green, Gladys Knight, Smokey Robinson, Leona Lewis en Ne-Yo.
Die popsensasie Beyoncé Knowles sal deur middel van ‘n video-vertoning optree.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.