Binnelanders kry 12 nuwe akteurs én nuwe stelle

2009-12-22 07:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die sanger Munro du Toit en ’n sokkerpartytjie in Nagskof lui op Oujaarsaand ’n groot jaar in vir Binnelanders, wat aanstaande jaar op groot skaal gaan uitbrei.

Die volledige produksiespan, skrywers, akteurs en al die stelle van dié gewilde M-Net-sepie het pas na die splinternuwe Stark Films-ateljee in Randburg getrek waar die reeks van 4 Januarie af verfilm gaan word wanneer almal ná die Kersvakansie terugkeer.

Stark Films spog nou met die mees tegnologies gevorderde fliek- en TV-ateljee in Afrika. Baie van Binnelanders se stelle hoef nie meer, soos by gewone sepies, daagliks rondgeskuif te word nie.

Binnelanders se uitsaaityd op M-Net word vanaf April tot ’n uur verleng en daarvoor brei Binnelanders op ’n groot skaal uit.

Twaalf nuwe akteurs sluit hulle in die nuwe jaar by die sepie aan. Hoewel die hospitaaldramas van die Binneland-kliniek steeds sentraal in die sepie se storielyne sal verskyn, het die vervaardigers nou ’n “heel nuwe speelplek’’, het ’n produksielid gister aan Die Burger gesê. Dit sluit splinternuwe, massiewe stelle in wat nie deel van die hospitaal is nie en die bestaande stelle wat opgedollie is.

Nagskof hou volgende Donderdagaand om 18:00 ’n groot partytjie waar die voormalige Idols-deel­nemer Munro du Toit sal optree.


- Die Burger

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.