Bieber en Ozzy werk saam
2011-01-28 10:58
Los Angeles - Varsgesig Kanadese tienerikoon Justin Bieber gaan saam met die prins van duisternis Ozzy Osbourne in ‘n Best Buy-advertensie tydens die Amerikaanse Super Bowl verskyn.
Bieber, 16, tans die wêreld se grootste tienersensasie, en die 62 jaar oue Black Sabbath-sanger het vroeër die maand die advertensie in Los Angeles opgeneem.
Die advertensie sal “kreatiwiteit en humor” wys aan die miljoene kykers wat die groot Amerikaanse voetbal uitsending sal kyk, het Amerika se grootste elektronikaverkoper gesê.
Sowat 100 miljoen kykers wat die jaarlikse NFL-finaal kyk, sien elke jaar opwindende nuwe advertensies.
Die Green Bay Packers sal die Pittsburgh Steelers op 6 Februarie in dié wedstryd pak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters