Beyoncé skenk geboorte in Desember
2011-12-01 15:08
Los Angeles – Die sangsensasie Beyoncé Knowles, wat swanger is met haar eerste baba saam met haar man, Jay-Z, sal na verwagting in Desember geboorte skenk.
Alhoewel Beyoncé vroeër bekendgemaak het dat hul baba eers in Februarie gebore gaan word, het 'n nuwe video-greep wat in September verfilm is aanlyn verskyn.
In die video sê Beyoncé sy is reeds ses maande swanger terwyl sy 'n kopie van die New York Daily News koerant vashou wat op 23 September verskyn het. 'n Foto van haar verskyn op die voorblad van die koerant met haar bababoep wat duidelik gesien kan word.
Die 30-jarige Beyoncé het al voorheen bekendgemaak sy voel dis nou die regte tyd vir haar om 'n baba te hê omdat sy al soveel in haar musiekloopbaan bereik het.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.